Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


Die fout is reggestel

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 04 AUGUSTUS 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met die nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Leon Isaacson, ZS1CI, op Sondag 7 Julie by sy huis op Woodbridge Eiland, Milnerton, stil geword het. Hy was 92. Dr Leon was jare lank 'n dosent aan die UK in die departement fisiologie.

Ons innige meegevoel met sy familie in die Verenigde Koninkryk en sy vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL HF FOON KOMPETISIE VANMIDDAG

DIE SARL JD NAELLOOP EN DIE SARL JEUG NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

en

LZ19YOTA VANAF DIE NEGENDE YOTA-SOMERKAMP

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL HF FOON KOMPETISIE VANMIDDAG

Die SARL HF Foon kompetisie is vanmiddag van 14:00 tot 17:00 UTC op die lug met aktiwiteite op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n realistiese RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer vanaf 001. Dien jou logstaat in as ADIF met 'n opsommingsblad of Cabrillo met 'n opsommingsblad of MS Excel-sigblad (die opsommingsblad is alreeds ingesluit) en gemerk "my roepsein HF Foon" teen 12 Augustus 2019 per e-pos na zs4bfn@mweb.co.za. Die MS Excel-logstaat is beskikbaar op die Kompetisie-bladsy van die Liga-webwerf. Vind die volledige stel reëls op bladsy 38 van die 2019 SARL Blouboek.

In elk van die drie kompetisies is daar trofeë om te wen en dit sluit 'n trofee in vir die Jeug en vir die JD's. Daar is ook 'n trofee vir Klub deelname. Jy kan as 'n enkele operateur deelneem of die klub stasie op die lug kry as 'n multi-operateurstasie.

IARU-STREEK 1 OM MONITERING VAN DIE GERAAS VLAK ‘N STAP VORENTOE TE NEEM

Die moniterings groep van die IARU Streek 1-EMC-komitee het tydens 'n twee uur lange telekonferensie verskillende metodes bespreek om die stygings in die RF-geraasvloer te monitor. Die groep het die DARC- en SARL-geraas moniterings projekte bespreek en was dit eens dat 'n belangrike stap vorentoe die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike dataformaat sal wees, sodat die resultate van beide en moontlike ander toekomstige stelsels versoenbaar sal wees. Verskeie idees is uitgeruil en daar is ooreengekom dat dr David Lauder, G0SNO die verskillende voorstelle sal saamstel en 'n konsep formaat sal versprei vir verdere bespreking. Een van die belangrikste faktore wat oorweeg is, was die identifikasie van die antenna tipe wat gebruik is en 'n manier om die data volgens 'n bekende standaard te kalibreer.

Die SARL is tydens die telekonferensie verteenwoordig deur Hans van de Groenendaal ZS6AKV, Brian Jacobs ZS6YZ, Anton Janovsky ZR6AIC en Leon Lessing ZS6LMG. Die SARL en AMSATSA hou Saterdag 28 September 'n werkswinkel vir RF geraas monitering. Meer besonderhede binnekort

DIE SARL JD NAELLOOP EN DIE SARL JEUG NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

Op Vrydag 9 Augustus, Nasionale Vrouedag, is die tweede SARL YL Naelloop van 12:00 tot 14:00 UTC op die lug met foon aktiwiteit op 40 meter. Die uitruil is 'n RS-verslag en JD of JM. Wat is 'n JM? Jong Man klink soveel beter as Ou Man!

Die tweede SARL Jeug Naelloop vind plaas op Saterdag 10 Augustus van 12:00 tot 14:00 UTC ter viering van die Internasionale Jeugdag op Maandag 12 Augustus. Dit is 'n Foon naelloop op die 40 meter band en die uitruiling is 'n RS-verslag en die operateur e ouderdom. Die reëls vir die twee kompetisies kan gevind word op bladsye 54 en 55 van die 2019 SARL Blouboek.

DIE AUGUSTUS-UITGAWE VAN RADIO ZS

Het jy die August Radio ZS afgelaai? Dit is sedert Dinsdag 30 Julie beskikbaar op die Publikasies blad op die Liga webwerf. Lees meer oor die 2019 Suider-Afrikaanse Vuurtoring-toekenning; Vertikale en horisontale antenna-polarisasie voordele bevraagteken en SOTA- en BHF-aktiwiteite. Jy kan 'n outomatiese antenna skakelaar bou, 'n antenna skakelaar wat voorsiening maak vir 4 radios en 2 antennas en 'n BHF/UHF Discone-antenna. Wanneer laas het jy na die mediumgolf bande geluister? Vind meer uit in “A Long Listen On 1 240 kHz.”

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

LZ19YOTA VANAF DIE NEGENDE YOTA-SOMERKAMP

LZ19YOTA is die roepsein wat gebruik sal word tydens die 9de Jongmense op die Lug (YOTA) somer kamp wat tussen 11 en 17 Augustus deur die Bulgaarse Federasie van Radioamateurs (BFRA) aangebied word. Hierdie jaarlikse geleentheid bring vir 'n week lank jongmense uit die IARU Streek 1 Lidverenigings bymekaar en skep die geleentheid om alles oor verskillende nasionaliteite en kulture te leer, internasionale vriendskappe en welwillendheid te bevorder en om nuwe amateur radio vaardighede aan te leer. QSL via die buro na LZ1BJ.

DIE PERSEID METEORSTORT

Die Perseid Meteorstort is sedert 23 Julie aktief en sal op Dinsdag 13 Augustus 2019 sy maksimum vertoon. Dit sal teen 20 Augustus sy einde bereik.

AANSOEKE VIR LIDMAATSKAP

Die Kantoor by die NARC het lidmaatskap aansoeke ontvang van die volgende radioamateurs - Heinrich Zwemstra, V51HZ; Johan Terblanche, ZS1I; Hendrik Myburgh, ZS1SK; JG Smit, ZS6BVM; Rudi Venter, ZS6DX; Katrin Venter, ZS6KVR; Ian Reid, ZS6RE; Deon du Plessis, ZS6RBS; Charles Thatcher, ZSL1006; Johan Lombard, ZSL1205; Theunis de Jongh, ZSL1206; Marthinus Botha, ZSL1207; Dirk Crafford, ZSL1208; Pieter Pienaar ZSL1209 en die Ekurhuleni Amateurradiovereniging, ZS6ARS. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga Sekretaris bereik voor die Woensdag na hierdie bulletin. Stuur jou besware aan sekretaris@sarl.org.za

KOMPETISIE UITSLAE

Die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop van 17 Julie hou die rekord van logstate ingedien - 51 is ontvang. Kan die SARL HF Foon kompetisie vanmiddag 51 logstate klop?

Brad Mostert ZS6WWW is die wenner van die Gelukstrekking vir die indiening van hul logstaat vir die SARL BHF/UHF QSO-partytjie. Baie geluk Brad.

Die kompetisie komitee het 20 logstate en 1 kontrolelog ontvang vir die ZS2 Naelloop wat op Sondag 21 Julie 2019 gehou is. Die volledige stel uitslae is gepubliseer in HF Happenings 858, wat afgelaai kan word vanaf die Publikasie bladsy op die Liga webwerf.

1ste Mitch Rundle, ZS2DK - 96 punte
2de Dylan Macdonald, ZS2MAC - 86 punte
3de Barry Nugent, ZS2NF - 55 punte

Die kompetisie komitee het 5 logstate ontvang vir die Winter QRP-kompetisie wat op Saterdag 20 Julie gehou is.

1ste die Wes-Rand ARK, ZS6WR - 552 punte
2de Nico Oelofse, ZS4N - 264 punte
3de Schalk van Vuuren, ZS1LL - 198 punte
4de die Pretoria ARK, ZS6PTA - 88 punte
5de Nic van Duffelen, ZR6AEZ - 4 punte.
Dankie aan almal wat hul logs ingedien het.

KLUB NUUS

Die Kaapstadse Amateurradiosentrum het op Saterdag 27 Julie sy 73ste Algemene Jaarvergadering gehou. Tydens die vergadering is Lewens-lidmaatskap van CTARC toegeken aan John Hycox, ZS1AGH en Ian Pope, ZS1SX. Die Ham Spirit-toekenning is aan James Dudgoen, ZS1ZKZ toegeken; die Wellie-toekenning aan Kevern Thurling, ZS1ABU; die Deelname-toekenning aan Lem Melidonis, ZS1LEM; die Vossejag-toekenning aan Colin Porter, ZS1RS en die Buck Taylor-toekenning aan Chris Gozzard ZS1CDG

Die volgende komitee is verkies
Voorsitter: Rob Bareham, ZS1SA
Ondervoorsitter: Noel Futter, ZS1FW
Sekretaris / tesourier: Anne Bareham
Bulletin koördineerder: Paul Johnson, ZS1S Vergadering logistiek: Paul Kennedy, ZS1PXK
Batebestuurder: Peter Cloete, ZS1PC
WK Herhaler-werkgroep, klubhuis en vuurtoring bestuurder: John Ward, ZS1EQ QSL Bestuurder: Barry Fletcher, ZS1FJ RAE, Velddag, SOTA, Chris Gozzard: ZS1CDG Gebeurtenis verslaggewer en fotograaf: Tony Kahn, ZS1TK

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 18 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag - die SARL HF Foon Kompetisie
9 Augustus - Nasionale Vrouedag en die SARL JD Naelloop
10 Augustus - die SARL Jeug Naelloop
12 Augustus - Internasionale Jeugdag
17 en 18 Augustus - die Internasionale Vuurtoring en Ligskip naweek
18 Augustus - die SARL HF Digital-kompetisie
25 Augustus - die SARL HF CW-kompetisie

Om ons bulletin af te handel, 'n vinnige oorsig van ons belangrikste nuus item:
Die SARL HF Foon Kompetisie is vanmiddag van 14:00 tot 17:00 UTC op die lug met aktiwiteite op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n realistiese RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer vanaf 001. Dien jou logstaat teen 12 Augustus 2019 in per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za. Vind die volledige stel reëls op bladsy 38 van die 2019 SARL Blouboek.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens klubs en individue uit om nuusitems van belang vir radio amateurs en kortgolfluisteraars in te dien in sowel Engels as Afrikaans, indien moontlik, deur die skakel na die nuus posbus op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste te volg. Nuus items wat in die bulletin ingesluit moet word, moet die nuus span bereik nie later nie as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003